January 2017 Edition 41

Nou is dit alweer ‘n nuwe jaar en alles begin van vooraf. Hoop almal het heerlik saam met familie, Kroonfamilie en vriende Kersfees gevier. Mag elke Kroon ‘n voorspoedige en gesonde 2017 beleef.

Hierdie jaar moet almal hul lank-lewe pilletjies drink en gesond bly want ons hou nie daarvan om van ons Kroonfamilie te verloor nie. Dit is werklik groot genade om deel te wees van so ‘n lifelike Kroonfamile.

Ons vra ons Liewe Heer se genade om elke personeellid die krag te gee om hierdie Krone van ons met deernis en respek te behandel.

Kroongroete/ Crown  greetings

Wanie (Redakteur/Editor)

       

Bo: Mariette Enslin het hierdie oulike motortjie wat baie se aandag trek. Mariette is  ‘n Kroon vanaf Februarie 2016.

Mariette se seun skryf:

Die motor is ‘n Citroen 2CV en het ek opgebou uit verskeie onderdele. Die CV staan vir “deux chevaux” in Frans wat beteken 2 perde—2 perdekrag!

Die berugte deur het ek gevind op ‘n ashoop. Die motor het behoort aan ‘n persoon wat in die vyftiger jare deur Afrika gereis het en toe die lande en die kaart van Afrika op die deur aangebring het. ‘n Geoloog van Kaapstad het die motortjie toe gekoop en veranderinge aangebring soos bv die deure vervang met nuwes. Hy gooi toe die oues weg en mnr Enslin tel dit toe op die ashoop op en gebruik dit vir sy motortjie.

KRONE NEEM AFSKEID VAN BESTUURDER EN MARTHIE

Op 9/12/2016 neem Kronendal afskeid van Oumies  en Sr Marthie. Chris en Annemarie het weer uitgehang met heerlike eetgoed wat mooi aangebied is. Bo links is die 3 vrouens van Admin—aldrie die regte ouderdom vir intrek! Bo 2de van links lewer Susan ‘n afskeidsrede vir Oumies met Chrissie en Quini in die agtergrond. Chrissie het vir Marthie totsiens gesê en Quini het vir beide van die twee eregaste goeie wense van die Inwonerskomitee gebring. Dr Chris de Meulenaere het ook ietsie te sê gehad. 2de van regs lewer Oumies met ‘n gebroke stem haar toesprakie en  regs is Marthie wat ook haar beurt gehad het. Drie van die direkteure het die geselligheid bygewoon, terwyl die ander al heerlik op vakansie is.

Oumies gaan nie stil sit nie maar gaan die Ruimtesiggers lei. Marthie egter, het nou genoeg gehad van werk en gaan rus!

Nou moet ons maar wag en sien wie die Krone gaan lei in 2017 en vertrou dat die direksie die regte besluit sal maak.

 

      

Bo: Dekor vir Kersdagete was Chris se gemmerbroodmannetjies en hul huisies met kersvader wat wag staan.

Annemarie het ook Nuwejaars voornemens:

 Ek het besluit om aan ‘n gym plan te werk vir 2017.

Ek gaan net water drink!!!(saam met my koffie)

Ek gaan elke oggend oefen!!!! (hoe om nice te wees)

Ek gaan orals loop!!! (binne Kronendal)

Ek gaan ‘n sixpack kry!!! (en dit in my yskas sit)

So wie oefen saam?