Kronendal Aftree-oord

Maart 2015

die kroon

Uitgawe 19

En so word ons Krone ouer en mooier en wyser! Kyk nou weereens ons 100-jarige—Betsie Beyers! Dan besef ek hoe goed ons Hemelse Vader ons Krone bewaar en dan hou Hy hulle nog so mooi en pragtig ook! Ek hoop almal sien die mooi wat ek in daardie silwerkoppe ervaar, ook raak.
Ek gaan met vakansie vanaf 23 Maart, dus sal Die Kroon in April bietjie later as gewoonlik verskyn. Ek gaan bietjie na WP/Stormer-land (my homeland) sodat ek weer my voete in die see kan sit en die Suidooster my kop kan skoon waai!

Continue reading

Februarie 2015

Uitgawe 18

Die laaste maand van die somer het aangebreek en die boom voor my huis kan nou nie meer wag om sy blare af te gooi nie – hy het sommer al begin, tot my ontsteltenis!

Ons is deur ‘n klompie vergaderings die afgelope maand en dit gaan baie goed met Kronendal. Continue reading

Januarie 2015

Uitgawe 17

Met ‘n heerlike tuisbly-vakansie agter die rug, begin ek 2015 darem weer vol moed. Ek hoop al ons Krone kon hul familie in hierdie Feesgety sien en gelukkig saam verkeer.

Ek vertrou elke Kroon en elke personeellid gaan 2015 in met die wete dat God elke dag en elke nag oor ons waak en ons bewaar. Continue reading

Desember 2014

Uitgawe 16

Die laaste maand van 2014 het aangebreek en ons is almal ouer! Weereens staan ek in verwondering oor hoe ons Hemelse Vader Kronendal gedurende die afgelope jaar so onderhou het. Ons het Krone verloor, maar ons het ook nuwe Krone bygekry. Continue reading